وبلاگ بلیان

ROBEY LEIBBRANDT : n lewe van fanatiesme;n lewe van fanatiesme

معرفی کتاب «ROBEY LEIBBRANDT : n lewe van fanatiesme;n lewe van fanatiesme» نوشتهٔ Albert Blake، منتشرشده توسط نشر Jonathan Ball Publishers در سال 2019. این کتاب در فرمت epub، زبان af ارائه شده است.

Die Suid-Afrikaanse Olimpiese bokser ROBEY LEIBBRANDT is gedurende die Tweede Wêreldoorlog deur die Nazi’s op ’n epiese tog in ’n klein seiljag van Europa na Suid-Afrika gestuur. Sy missie? Om in opdrag van die Duitse militêre geheimediens as skakel tussen die Nazi’s en die Ossewabrandwag te dien. Leibbrandt het ook sy eie planne gehad om ’n sluipmoord op eerste minister Jan Smuts uit te voer en die regering omver te werp. Leibbrandt het ’n aanhanger van nasionaal-sosialisme geword toe hy in 1936 vir Suid-Afrika aan die Olimpiese Spele in Berlyn deelgeneem het. Hy is daarna deur die Duitse militêre geheimediens gewerf en het intensiewe sabotasieopleiding ontvang. Wie was hierdie man wat uiteindelik aan hoogverraad skuldig bevind en ter dood veroordeel is? Dié biografie deur die bekroonde skrywer Albert Blake werp nuwe lig op hierdie enigmatiese figuur en die fanatisme wat hom aangevuur het. ** ’n Epiese reis in ’n klein seiljag van Frankryk tot aan die Namakwalandse kus gedurende die Tweede Wêreldoorlog, sabotasiepogings en planne om Eerste Minister Jan Smuts in ’n sluipmoord om die lewe te bring.
دانلود کتاب ROBEY LEIBBRANDT : n lewe van fanatiesme;n lewe van fanatiesme