Robertson, 1853-1953 : gedenkboek by geleentheid van die honderdjarige bestaan van die dorp en die N.G. Gemeente Robertson
معرفی کتاب «Robertson, 1853-1953 : gedenkboek by geleentheid van die honderdjarige bestaan van die dorp en die N.G. Gemeente Robertson» نوشتهٔ A. H. Tromp، منتشرشده توسط نشر Eeufeeskomitee van Robertson در سال 1953. این کتاب در فرمت pdf، زبان af ارائه شده است.
Wat die leser hierby aangebied word, is nie bedoel om `n volledige gedokumenteerde geskiedenis van Robertson te wees nie. Daarvoor was die tyd waarin die taak voltooi moes word, te kort vir een persoon wat boonop nog sy daaglikse pligte moes nakom. Daarom is toe besluit om dan maar te probeer om die lig te laat val op enkele aspekte van die dorp en distrik se verlede. As in gedagte gehou word dat Robertson in die eerste plek gestig is om die setel van `n gemeente te wees, dat die N.G. Kerk die dorp aangelê en jare lank bestuur het en dat die Kerk op verskeie ander gebiede die hoofrol gespeel het, sal dit my seker nie ten kwade gedui word nie dat soveel aandag aan die geskiedenis van die gemeente gewy is. Onderwys is van die aanvang af beskou as 'n belangrike saak en daarom kon dit nie verbygegaan word nie. Besproeiing het die hele aanskyn van die distrik verander, en die geskiedenis da&rvan verdien ook beslis vermelding. INHOUD 1 Van Veepos tot Dorp 11 Stigting en Vroeë Geskiedenis van Gemeente en Dorp 32 Geestelike Bearbeiding van die Gemeente tot 1861 45 Die Bediening van Ds. Andrew McGregor 56 Leraars van die N.G. Gemeente gedurende die Halfeeu 1903—1953 73 Die Ontwikkeling van Plaaslike Bestuur 97 `n Kort Oorsig van die Geskiedenis van Onderwys in Robertson 118 Hiervan en Daarvan
دانلود کتاب Robertson, 1853-1953 : gedenkboek by geleentheid van die honderdjarige bestaan van die dorp en die N.G. Gemeente Robertson