Pippie (eBoek) : Die aangrypende verhaal van 'n klein dogtertjie se wonderbaarlike stryd om oorlewing, en geloof wat alles oorwin
معرفی کتاب «Pippie (eBoek) : Die aangrypende verhaal van 'n klein dogtertjie se wonderbaarlike stryd om oorlewing, en geloof wat alles oorwin» نوشتهٔ Anice Kruger & Colleen Naudé [Kruger, Anice & Naudé, Colleen]، منتشرشده توسط نشر Christelike Uitgewers Maatskappy در سال 2013. این کتاب در فرمت epub، زبان af ارائه شده است.
Die kind wat dood moes gewees het, lééf! Toe 80% van Pippie Kruger (toe 21⁄2 jaar oud) se lyfie verbrand het, het geen dokter gedink sy kan dit oorleef nie ... maar sy het. In PIPPIE word haar verhaal vertel soos nog nooit tevore nie. Ma Anice deel eksklusiewe stories, gebeurtenisse en foto’s rondom Pippie se baanbreker-operasie en merkwaardige herstel, terwyl pa Erwin vir die eerste keer openhartig praat oor die ervaring en hoe dit hulle huwelik geraak het. Dit is ’n inspirerende verhaal van ongekende deursettingsvermoë, vurige hoop en onwankelbare vertroue in God. Op Oujaarsaand 2011 ontaard ’n lekker familiebraai in ’n skokkende nagmerrie toe ’n bottel vuuraanstekerjel in ’n pa se hande ontplof en op sy dogtertjie beland. Met 80% brandwonde gee dokters vir die 21⁄2-jarige Pippie Kruger net ’n 10% kans op oorlewing. PIPPIE vertel op hartroerende wyse van die pynlike pad wat ma Anice, pa Erwin en hul gesin sedert dié ongeluk gestap het. Die boek deel gebeure en ervarings wat nog nie vantevore in die media bekendgemaak is nie: • Erwin maak sy hart oop en vertel met rou eerlikheid hoe die tragedie hulle verhouding geraak het. • Pippie se oupa en ouma verwoord hulle gevoelens. • Anice se ervaring van Pippie se baanbreker-operasie met gekloonde vel – ’n eerste in Afrika! • Aangrypende vertellings van die dokters en spesialiste wat Pippie behandel het. • 16 bladsye roerende foto’s – sommige wat die wêreld nog nooit gesien het nie. PIPPIE vertel van ʼn ma se stryd met God en ’n wil om nooit moed op te gee nie. Dit is ’n inspirerende verhaal van ongekende deursettingsvermoë, vurige hoop en onwankelbare vertroue in God.
دانلود کتاب Pippie (eBoek) : Die aangrypende verhaal van 'n klein dogtertjie se wonderbaarlike stryd om oorlewing, en geloof wat alles oorwin