وبلاگ بلیان

Onsigbaar.

معرفی کتاب «Onsigbaar.» نوشتهٔ Deon Meyer [Meyer, Deon]، منتشرشده توسط نشر Human & Rousseau ( PTY) Ltd در سال 2012. این کتاب در فرمت pdf، زبان af ارائه شده است. «Onsigbaar.» در دستهٔ بدون دسته‌بندی قرار دارد.

"Lemmer se Eerste Algemene Wet: Moenie betrokke raak nie. Hy pas dit veral toe in sy werk as vryskut-lyfwag by Body Armour, waar hy laag af is op die pryslys, want hy's die een met die kriminele rekord, die gebrekkige sosiale vaardighede en die baie kort humeur. Wanneer die mooi, ryk Emma le Roux hom huur en begin vertel van onwaarskynlike bedreigings en 'n broer wat sy vas glo ná twintig jaar soos 'n Lasarus uit die dood uit opgestaan het, stof hy ook 'n ander ou Wet af: Moenie klein vroue vertrou nie. Maar wat, welvarende mense lieg en as dit ál gevaar is wat hy moet hanteer, dan vat hy die geld, baie dankie. Daarom vlieg hy op 26 Desember saam met haar Laeveld toe - en só begin 'n koorsagtige tog deur 'n wêreld van gierigheid en korrupsie, ekologiese stryde en sameswerings . . . en moord. In 'n lokval skiet hulle boonop vir Emma. Lemmer het nog nooit as 'n lyfwag gefaal nie, en om sy vyande te identifiseer gaan lewensgevaarlik wees, want hul ontmaskering gaan internasionale implikasies hê. Maar Lemmer is siek en sat daarvoor om onsigbaar te wees. Iemand moet betaal - en hy gaan nie rus voor dié rekening nie vereffen is nie"--OverDrive Lemmer is 'n vryskut-lyfwag by Body Armour, waar hy laag af is op die pryslys, want hy's die een met die kriminele rekord, die gebrekkige sosiale vaardighede en die baie kort humeur. Maar wanneer die mooi, ryk Emma le Roux hom huur en begin vertel van onwaarskynlike bedreigings en 'n broer wat sy vas glo ná 20 jaar soos 'n Lasarus uit die dood uit opgestaan het, gooi hy al sy Lemmer-wette by die venster uit en vat haar geld. En só begin 'n koorsagtige tog deur 'n wêreld van gierigheid, korrupsie, ekologiese stryde, sameswerings ... en moord
دانلود کتاب Onsigbaar.