Nasleep
معرفی کتاب «Nasleep» نوشتهٔ Carel van Der Merwe، منتشرشده توسط نشر Penguin Random House South Africa در سال 2011. این کتاب در فرمت epub، زبان af ارائه شده است. «Nasleep» در دستهٔ بدون دستهبندی قرار دارد.
Sy misdade was vir die nasie, het hy by die verhoor betoog. Maar daardie volk stel nie meer belang nie. Paul du Toit word weggeruk uit sy leefruimtes van huwelik en werk om voor die Waarheids- en Versoeningskommissie te verskyn. Hy kom anderkant uit in ’n land wat nie meer vir hom plek het nie. As lid van die Spesiale Magte in die jare tagtig was hy deel van ’n ‘projek’ waarin twee burgerlikes gesterf het. Daarvoor moet hy nou om amnestie aansoek doen, en dit bring hom te staan voor vrae oor sy versluierde verlede. Nasleep speel hom rondom die millenniumwending af in Suid-Afrika en Londen, waar Paul kennis maak met ander Suid- Afrikaners in die diaspora. Ankerloos in dié afsydige stad en op soek na sy vrou wat hom verlaat het, vertoon Paul twee kante van sy persoonlikheid: die een dodelik, die ander kwesbaar. En algaande, deur transkripsies van Paul se WVK-sittings, ontbloot hierdie ontroerende roman die gesplete aard van een man se geskiedenis – ’n gewone mens meegesleur deur ’n oorheersende boosheid. 36-jarige Paul du Toit, 'n geheime agent in die Weermag tydens die laaste jare van wit oorheerste Suid Afrika, glo hy het sy gewelddadige lewe agtergelaat. 'N Subtiele en spanningsvolle roman oor 'n soldaat van die ou regime wat deur sy bevelhebbers verraai en opgeoffer word
دانلود کتاب Nasleep