Donker stroom : Eugène Marais en die Anglo-Boereoorlog
معرفی کتاب «Donker stroom : Eugène Marais en die Anglo-Boereoorlog» نوشتهٔ Carel van Der Merwe، منتشرشده توسط نشر Tafelberg-Uitgewers در سال 2020. این کتاب در فرمت epub، زبان انگلیسی ارائه شده است.
Aan die einde van 1896, enkele jare voor die Anglo-Boereoorlog, het die 26-jarige wewenaar en Transvaalse koerantman Eugène Marais na Londen vertrek om in die regte te gaan studeer. Hier het hy oënskynlik tot in die doodsnikke van die oorlog gewoon. Oor hierdie lewensjare van een van Afrikaans se beroemdste letterkundige figure is baie min bekend. Leon Rousseau sê in sy baanbreker-lewensverhaal oor Marais, Die Groot Verlange (1974): “Tensy ontdekkings gemaak word wat ’n mens jou op die oomblik kwalik kan voorstel, sal dit altyd onmoontlik bly om ’n samehangende relaas van Marais se vyf jaar in Europa te gee.” Hierdie ontdekkings en nog baie meer is nou gemaak. In Donker Stroom word onthul presies waarmee Marais hom kort voor, tydens en ná die bitter stryd tussen Boer en Brit besig gehou het, ’n verstommende verhaal wat ’n mens jou skaars kan indink. Was Marais die onkreukbare patriot en joernalis wat sy biograwe van hom gemaak het, of is hierdie Afrikaner-ikoon ook deur die donker stroom van die tydsgees meegesleur? "In 1896 young journalist Eugène Marais leaves the Transvaal for London. In 1974 Leon Rousseau publishes his life story of Marais, Die groot verlange. Rousseau believes this time in London is lost to history. In Donker stroom we now learn exactly what Marais was doing in London during the Anglo-Boer War . . ." -- Publisher's description: http://www.nb.co.za/Books/18899
دانلود کتاب Donker stroom : Eugène Marais en die Anglo-Boereoorlog